• Facebook
Tel: 018 632 2937 / Beyers Naude Rylaan 41, Lichtenburg, NW
Laerskool Burgersdorp
  • Tuisblad
  • Search
  • Tuisblad
  • Akademie
  • Ons Personeel
  • Naskool
  • Kleuterskool
  • Kultuur
  • Sport
  • Kontak Ons
  • Vorms

Welkom by Laerskool Burgersdorp

Die skool waar ons jou drome met reënboogkleure laat waar word.

Visie en missie:

‘n Skool wat as eie en unieke gestalte in die Koninkryk van God op basis van die Bybel, Christelike opvoeding en onderwys aan sy leerders gee sodat hulle as volwasse Christene binne kulturele, volks- en breë nasionale verband sal lewe en werk! Elke leerder word as individu erken en sy verstandelike vermoë, agtergrond en omstandighede word in ag geneem, ten einde sy volle potensiaal te ontwikkel.

Meer oor ons Skool

Bakkies

Ons skool is uniek want ons fokus op:

– Persoonlike dienslewering
– Die skep van ‘n omgee-atmosfeer
– Gebalanseerde, kindergerigte begeleiding
– Handhawing van hoë standaarde
– Toegeruste personeel wat ‘n verskil maak
– Doeltreffende kommunikasie
– Die nastreef van Christelike norme en waardes

Akademie – Akademie geniet ‘n hoë prioriteit in elke klaskamer

Ons spit ons toe op:
– Voortreflike relevante onderrig
– Klasse van hanteerbare grootte
– Hoë akademiese standaard
– Eksamenhulp
– Leerderondersteuning
– Kwartaallikse oueraande
– Kwartaallikse rapportering
– Ondersteunende leessentrum met rekenaars
– Individuele leeslesse vir leerders met leesprobleme
– Ondersteunende Wiskundesentrum met rekenaars

Brief van ons Hoof

Mnr. Wimpie Blom

Ek stel graag Laerskool Burgersdorp aan u bekend.

Ons skool is gebasseer op sterk Christelike beginsels, dus werk ons om ‘n Woord- gebasseerde waardestelsel by ons leerders te kweek.
Ons glo in ‘n etos van streng dissipline t.o.v. akademie en gedrag. Laerskool Burgersdorp is anders en hier doen ons dinge anders as die normale. Elke kind is vir ons essensieel en uitsonderlik. Ons bou hier aan ‘n kind se identiteit en karakter, sodat elkeen wat ons skool verlaat, sal weet wat die Vader se skeppingsdoel met sy/haar lewe is.
Ons plaas God totaal in beheer van ons skool, nie net op papier nie, maar ook in ons lewenswandel. Hy het ‘n plan vir ons skool en met Sy seëninge en gepaardgaande harde werk, sal ons personeel en kinders gestelde doelwitte bereik.

Mag jy en jou kind vreugde en vervulling in ons skool geniet.

Groete,
Wimpie Blom
Hoof: Laerskool Burgersdorp, Lichtenburg

Burgerspoortjies

Ons missie hier by Burgerspoortjies is om kwaliteit voorskoolse opleiding en ontwikkeling aan kinders te verskaf. Ons het ‘n ruim buiteterrein wat voorsieing maak vir ons kleuters se groot-motoriese ontwikkeling. Elke speelkamer is kleutervriendelik en is toegerus met die nuutste apparaat.

Naskool

Dink mens aan Laerskool Burgersdorp se naskool is dit met harte wat swel van trots. Klein het ons begin…met slegs 1 onderwyseres en slegs enkele leerders, maar aanhouer wen… Stelselmatig het die naskool se gehalte gegroei en gegroei en gegroei!!! Vandag spog ons met 6 juffies en boonop ‘n middag tannie wat toesig hou in ‘n veilige omheinde terrein. Kinders word ingedeel volgens Grade sodat kinders persoonlike aandag kry. juffrouens begin reeds om 13:15 met leerders werk en wat ons naskool enig in sy soort maak is dat ons tot 17:00 met die leerders werk.

Sport

Entrepreneurs

Kultuur

Nuus op Facebook

Laerskool Burgersdorp, Lichtenburg

4 days ago

Laerskool Burgersdorp, Lichtenburg

Spesiale reëlings sal met nuwe leerders asook Graad R-maats vir 2021 getref word! ... Sien MeerWys Minder

Photo

Gaan na Facebook
·Share

Share on FacebookShare on TwitterShare on Linked InShare by Email

Laerskool Burgersdorp, Lichtenburg

5 days ago

Laerskool Burgersdorp, Lichtenburg

Baie geluk aan mnr Hardus Pretorius (Beheerliggaam) met sy verjaarsdag. ... Sien MeerWys Minder

Photo

Gaan na Facebook
·Share

Share on FacebookShare on TwitterShare on Linked InShare by Email

Laerskool Burgersdorp, Lichtenburg

7 days ago

Laerskool Burgersdorp, Lichtenburg

Vandag verjaar meneer Edán Rall. Baie geluk meneer Edán. ... Sien MeerWys Minder

Photo

Gaan na Facebook
·Share

Share on FacebookShare on TwitterShare on Linked InShare by Email

Laerskool Burgersdorp, Lichtenburg

1 week ago

Laerskool Burgersdorp, Lichtenburg

Datums huidiglik: ... Sien MeerWys Minder

Photo

Gaan na Facebook
·Share

Share on FacebookShare on TwitterShare on Linked InShare by Email

School Communicator

Kyk bietjie hier

Wat is Nuus by Ons vir die Jaar Sover

  • Hoofleiers

    Hier is ons hoofleiers vir 2020!

  • Leerlingraad 2020

    Leerlingraad 2020!

  • Media Leiers & Audiovisuele Span

    Media Leiers & Audiovisuele Span 2020!

  • Koor

    Hoogte punte!

  • Toere en Uitstappies

    Die jaar se uitstappies!

Kontak Ons

Laat weet gerus as daar enige navrae is

2020 Skoolkwartale

Belangrike Datums

Ons Besonderhede

Tel: 018 632 2937
E-pos: burgies@burgies.co.za
Adres: Beyers Naude Rylaan 41, Lichtenburg, NW.

Copyright © 2015 Laerskool Burgersdorp - Designed and Hosted by Insight Solutions
Scroll to top